Thursday, May 5, 2011

...En My Ouma is in Kaneel

Soos die liedjie se woorde lui "my nooi is in 'n nartjie en my ouma is kaneel". En ek dink hulle steek iemand in die anys ook weg.  Daar is min dinge wat so lekker ruik soos die geur van kaneel, in enige vorm. Of dit nou gebruik word in gestoofde vrugte, melkkos, gebakte pampoen of tuisgebakte wortel cupcakes. En wat kan dan nou makliker wees as jy 'n lekker menger en gewillige proefkonyne in jou man en vriende het!

No comments:

Post a Comment