Monday, February 18, 2013

PRAGTIG IN PIENK

Pragtige ligte pienk kleurskema. Die koek was 'n red velvet koek en met ligte pienk fondant oorgetrek en met groot roomkleurige rose bo-op versier. Die koek moes natuurlik pragtig afgerond word met mooi ligte pienk lint en fondant perels sodat dit presies pas by die dogtertjie tema. Die cupcakes was 'n kombinasie van dekadente sjokolade en red velvet, met botterversiersel en met elk 'n klein ligte pienk rosie versier, vir GRACE op haar inseening.
 

No comments:

Post a Comment